Leon Schuster Vereer vir Nuwe Rolprent
Ster-Kinekor Teaters het Suid-Afrikaanse fliek-ikon, Leon Schuster, tydens ‘n elegante ete in Johannesburg gisteraand (18 Aug) vereer.
Leon Schuster se nuutste fliek, Schuks Tshabalala’s Survival Guide to South Africa, het tot nou toe alle plaaslike loketrekords oortref toe dit meer as R37 miljoen ingepalm het. Dié fliek is amptelik die derde mees suksesvolle fliekvrystelling in Suid-Afrika ná Avatar en Titanic.
Sy vorige flieks, Mr Bones en Mr Bones 2, lê in die vierde en vyfde plek op die lys van mees winsgewende flieks van alle tye in Suid-Afrikaanse fliekteaters.
G’n wonder dat Schuster gisteraand dié gesogte toekenning van Ster-Kinekor ontvang het nie. Sy vermoë om Suid-Afrikaanse gehore te lees en flieks te vervaardig wat tot hulle spreek, maak van dié fliekmaker ‘n legende in die bedryf. Ster-Kinekor het ook onlangs hulself geherposisioneer as “Your Happy Place” – iets wat Leon keer op keer regkry wanneer sy flieks in dié teaters draai, sê Fiaz Mahomed, die hoof uitvoerende beampte van Ster-Kinekor Teaters.
Talle bekendes in die plaaslike fliekbedryf waaronder regisseur Gray Hofmeyr, aktrise Mary-Anne Barlow en vervaardiger André Scholtz het die geleentheid bygewoon.
Credit: Sarie Tydskrif, August 2010



Wil net weet of Leon oorweeg om na NZ te kom vir ‘n rugby toer saam met die Bokke in 2011 – hier in NZ ia baie SAners en ons wil gees vang saam met Leon!
Groete – hoop dis op die agneda!
Hallo Leon,
Ek hoop jy kry die comment, want dit is nie oor jou rolprente. Jammer ek stuur hier vir jou boodskap maar weet nie waar anders. Wil net vir jou raad gee vir jou maagseer. Ek het op internet gelees oor ‘n persoon wat ook vreeslik gesukkel het met maagsere. Hy se die oomblik as sy medikasie klaar was het hy weer gesukkel. Hy het begin om Manuka heuning en Appelasyn te gebruik, daagliks. Die vit K in appelasyn help met bloedstolling as jy bloeiende maagseer het. Manuka heuning is nie sommer te kry in SA dit kom van Australie maar ek weet van ‘n instansie in SA wat dit verkoop, Faithful to Nature. Jy kan hul kry op internet. Hul het uitstekende posbestellings diens. Die heuning is duur maar dit het vele goeie kwaliteite. Die persoon se dat hy volkome genees het van sy maagsweer probleem! Ek hoop dit help Groete Charmaine
Goeie dag Leon….ek wil graag met jou kontakt maak oor ‘n projek wat ek graag wil nooi om deel van te wees, sal dit waardeer as jy vir ‘n email address stuur en miskien jou agent se details…Vriendelike groete Celia